1 Kings 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Adonia, die seun van Haggit, homself verhef en gesê: Ek sal koning word; en hy het vir hom strydwaens en ruiters en vyftig man voorberei om voor hom uit te hardloop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In hierdie tyd het Dawid se seun Adonia, wie se ma Gaggit was, homself begin verbeel: “Ek gaan een van die dae die koning wees.” Hy het ’n strydwa en ruiters aangeskaf, asook 50 man wat voor hom uit gehardloop het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Intussen was Adonia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop. |
| Afrikaans 1983 | Intussen het Adonia, seun van Dawid en sy vrou Gaggit, ewe hoogmoedig by homself gedink: ek gaan binnekort koning wees. Hy skaf toe vir hom 'n strydwa met ruiters aan, en vyftig man om voor hom uit te hardloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Adonia, seun van Gaggit, het homself verhef deur te sê: “Ek is die een wat koning gaan word!” Hy het vir homself strydwaens en spanne perde aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit hardloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Adonia, die seun van Dawid en sy vrou Gaggit, het gedink hy is die belangrikste seun van Dawid en hy wou graag koning word. Adonia het vir hom 'n oorlogkar en perde gekry en hy het 50 manne voor hom laat hardloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na Absalom se dood was Adonia die oudste seun. Adonia is net na Absalom gebore. Hy was Dawid en Gaggit se kind en ’n baie aantreklike jongman. |