1 Kings 1:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het die dienaars van die koning gekom om ons heer koning Dawid te seën en gesê: God maak die naam van Salomo beter as u naam en maak sy troon groter as u troon. En die koning het hom op die bed gebuig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die koninklike amptenare het na koning Dawid toe gegaan en hom gelukgewens en gesê: ‘Mag u God Salomo se roem selfs nog groter maak as u eie. Mag Salomo se koninkryk selfs groter wees as u koninkryk!’ Toe het die koning op sy bed sy kop in aanbidding gebuig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Bowendien het die dienaars van die koning gekom om ons heer die koning Dawid geluk te wens met die woorde: Mag u God die naam van Salomo beter maak as u naam en sy troon groter maak as u troon. Toe het die koning op die bed aanbid; |
| Afrikaans 1983 | Die amptenare van die koning het ook gekom om koning Dawid geluk te wens. Hulle het gesê: ‘Mag u God vir Salomo nog beroemder maak as vir u en sy regering nog roemryker as dié van u.’ Die koning het op sy bed gekniel |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar die amptenare van die koning het ook gekom om ons heer, koning Dawid, geluk te wens met die woorde, ‘Mag u God die roem van Salomo nog groter maak as u roem, en mag sy troon nog groter wees as u troon!’ Die koning het toe op die bed in aanbidding gebuig; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en die koning se amptenare het ook gekom om ons meneer die koning Dawid geluk te wens. Hulle het gesê: ‘Koning Dawid, ons bid dat jou God vir Salomo 'n belangriker koning sal maak as wat jy was, sodat meer mense sal weet van hom as van jou.’ “En koning Dawid het daar op sy bed gebuig en gebid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar iets ergers het nog gebeur. Al die koning se amptenare is na koning Dawid toe om hom met sy seun geluk te wens. Almal het gesê hulle hoop dat God vir Salomo beroemder en voorspoediger as Dawid sal maak. |