1 Kings 1:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele volk het opgetrek agter hom aan, en die volk het op fluite gefluister en hulle met groot blydskap gejuig, sodat die aarde geskeur het van die geluid van hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal het agter Salomo aan teruggegaan stad toe terwyl hulle op fluite speel en juig dat die aarde dreun.
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl die volk op fluite speel en hulle verheug met groot blydskap, sodat die aarde geskeur het van hulle geluid.
Afrikaans 1983 Hulle gaan toe almal agter hom aan terwyl hulle op fluite blaas en juig dat die aarde daarvan dreun.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele volk het toe agter hom aan gegaan. Terwyl hulle op fluite blaas, was hulle uitbundig, met krete van vreugde. Die aarde wou skeur van hulle juigkrete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense het saam met Salomo gegaan. Hulle het fluite geblaas en hulle was baie bly. Hulle het so hard geskree dat die aarde gebewe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal is toe saam met Salomo terug. Hulle was uitbundig bly en het vrolik op hulle fluite gespeel. Van al die geraas het die aarde eintlik gebewe.