1 John 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ons die getuienis van mense ontvang, is die getuienis van God groter, want dit is die getuienis van God wat Hy van sy Seun getuig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ons dan die getuienis van mense as betroubaar aanvaar — die getuienis van God dra soveel groter gewig. Hierdie getuienis kom van God af; sy getuienis oor sy eie Seun staan vas. |
| Afrikaans 1933/1953 | As ons die getuienis van die mense aanneem -- die getuienis van God is groter, omdat dit die getuienis is van God wat Hy aangaande sy Seun getuig het. |
| Afrikaans 1983 | Ons aanvaar mense se getuienis, hoeveel te meer die getuienis van God, want dit is God wat getuig, en die getuienis handel oor sy Seun. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As ons die getuienis van mense aanvaar – die getuienis van God is vir seker groter, omdat dit die getuienis van God is wat Hy oor sy Seun gelewer het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons glo wat mense vir ons sê. Maar wat God vir ons sê, is baie belangriker, en dit is God wat vir ons vertel het van sy Seun. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gewoonlik aanvaar ons dit wat mense getuig sonder veel probleme. As God egter iets getuig, lê dit op ’n heel ander vlak; dit is eenvoudig baie belangriker. Onthou, dit is die getuienis van God. En weet jy waaroor hierdie getuienis handel? Ja, oor sy Seun. |