1 John 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is die getuienis dat God aan ons die ewige lewe gegee het, en hierdie lewe is in sy Seun. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en dié lewe bestaan in ’n hegte verhouding met sy Seun. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe is in sy Seun. |
| Afrikaans 1983 | En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En dit is die getuienis: dat God die ewige lewe vir ons gegee het, en dié lewe is in sy Seun. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het vir ons gesê dat Hy vir ons die ewige lewe gee. Ja, sy Seun gee vir ons die ewige lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat behels hierdie getuienis oor sy Seun presies? God bied die ewige lewe vir ons aan. Hierdie lewe is in en by sy Seun beskikbaar. |