1 John 4:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat nie liefhet nie, ken God nie; want God is liefde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen wat nie só liefhet nie, ken God nie persoonlik nie omdat God liefde self is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. |
| Afrikaans 1983 | Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie nie liefhet nie, het God nie leer ken nie, want God is liefde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense wat nie lief is vir ander mense nie, ken nie vir God nie, want God is liefde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God is liefde! Iemand wat nie liefhet nie, weet niks van God nie. |