1 John 4:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die antichris waarvan julle gehoor het dat hy sou kom; en selfs nou al is dit in die wêreld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen wat Jesus nie erken nie, is nie van God afkomstig nie. Dit is tipies van die antichris. Julle het mos gehoor dat hy aan die kom is, en hy is nou reeds in die wêreld aanwesig. |
| Afrikaans 1933/1953 | en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. |
| Afrikaans 1983 | En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichris, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en elke gees wat dit nie van Jesus bely nie, is nie uit God nie, maar is die gees van die Antichris, van wie julle gehoor het dat hy kom, en wat nou reeds in die wêreld is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar mense wat sê dat hulle dit nie glo nie, het nie die Gees van God nie. Hulle het die gees van die antichris. Julle het gehoor dat die antichris sal kom. Maar ek sê vir julle, hy is nou al klaar hier in die wêreld. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarteenoor het enigiemand wat Jesus nie erken vir wie Hy is nie, nie die Gees wat van God af kom nie. Die gees van die antichris is met hom besig. Julle het mos gehoor dat hierdie gees aan die kom is. Wel, dit is nou hier! |