1 John 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hieraan herken julle die Gees van God: Elkeen wat erken dat Jesus Christus werklik ten volle mens geword het, is van God afkomstig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; |
| Afrikaans 1983 | Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus •Christus vlees geword het, is uit God, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoe moet julle uitvind of iemand die Gees van God het? As mense sê hulle glo dat Jesus Christus regtig 'n mens geword het, dan het hulle die Gees van God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons kan die Gees van God só uitken: iemand wat nie bang is om vir seker te sê dat Jesus Christus mens van vlees en bloed geword het nie, het die Gees wat van God af kom. |