1 John 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie; want sy nageslag bly in hom, en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.
Afrikaans (NLV) 2011 Elkeen wat deur God verwek is, hou nie aan sonde doen nie omdat God se saad in hulle bly. Hulle kan ook nie aanhou sonde doen nie omdat hulle deur God verwek is.
Afrikaans 1933/1953 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.
Afrikaans 1983 Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elkeen wat uit God gebore is, doen nie meer sonde nie, omdat God se saad in hom bly, en hy kan nie meer aanhou sonde doen nie, omdat hy uit God gebore is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat God se kinders is, hou nie aan om sonde te doen nie, want God het die ware lewe in hulle harte laat begin. Hulle kan nie aanhou om sonde te doen nie, want hulle is God se kinders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand wat deur God sy kind gemaak is, maak nog ’n gewoonte van die sonde nie. Hoe kan hy? God het so iemand mos lewendig gemaak. Ja, uit God self is hy gebore, want God is kragtig en sterk. Daarom mag die gedagte om iets te doen wat God ongelukkig maak, nie eens by ’n kind van God opkom nie.