1 John 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My kinders, laat ons nie liefhê met woord of met tong nie; maar in daad en in waarheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. |
| Afrikaans 1933/1953 | My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. |
| Afrikaans 1983 | Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kinders, ons moenie net met woorde, met die tong, liefhê nie, maar met die daad, in waarheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vriende, ons moet lief wees vir die ander gelowiges, maar ons moet dit nie net sê nie. Ons moet dinge dóén wat wys dat ons lief is vir hulle omdat ons weet wat die waarheid is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My liewe kinders, ons liefde moenie net uit ’n gepraat bestaan nie. Dit moet in dade uitgeleef word. Dit is wat iemand doen vir wie God se waarheid belangrik is. |