1 John 3:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar wie wat die goeie van hierdie wêreld het en sien dat sy broer gebrek het en sy innerlike medelye vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek — hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?
Afrikaans 1933/1953 Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?
Afrikaans 1983 Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie — hoe kan die liefde van God in hom wees?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe bly die liefde van God in iemand wat genoeg aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar sy hart nogtans vir hom toesluit?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat baie goed het, sien miskien dat 'n ander gelowige iets nodig het, maar hulle is nie jammer vir hom nie en hulle wil hom nie help nie. Daardie mense wys dat hulle nie lief is vir God nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Byvoorbeeld, veronderstel iemand het alles wat hy nodig het. Hy kom egter agter dat ’n medegelowige eenvoudig nie genoeg het om oor die weg te kom nie. Wat nou gemaak? Wel, as die persoon wat genoeg het, meen die nood van die ander een raak hom nie en ongevoelig daarby verbykyk, flits die rooi ligte. Daardie persoon tree eenvoudig nie op uit die liefde wat van God kom nie.