1 John 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elkeen wat sy broer haat, is 'n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe in hom het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen wat sy broer of suster haat, is ’n moordenaar, en julle weet dat geen moordenaar deel het aan die ewige lewe nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Elkeen wat sy broeder haat, is 'n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie. |
| Afrikaans 1983 | Elkeen wat sy broer haat, is 'n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe in hom het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elkeen wat sy broer haat, is 'n moordenaar, en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe blywend in hom het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense wat ander gelowiges haat, is moordenaars, en julle weet dat moordenaars nie die ewige lewe het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Elkeen wat sy broer haat, is ’n moordenaar. En dit weet julle, ’n persoon kan nie tegelyk deur moord ’n ander se lewe van hom wegvat en dan self vir ewig wil lewe nie. |