1 John 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nie soos Kain, wat uit daardie bose was, en sy broer doodgemaak het nie. En waarom het hy hom gedood? Want sy eie werke was boos en die regverdige van sy broer.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons moet nie soos Kain optree wat uit die bose was en sy broer doodgemaak het nie. Om watter rede het hy hom doodgemaak? Omdat sy eie optrede boos was en sy broer s’n reg.
Afrikaans 1933/1953 nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en die van sy broer regverdig.
Afrikaans 1983 Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s'n reg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) nie soos Kain, wat uit die Bose was en sy broer vermoor het nie. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy dade sleg was, en dié van sy broer regverdig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie soos Kain wees nie. Hy was 'n kind van die duiwel en hy het sy broer vermoor. Hoekom het hy sy broer vermoor? Hy het dit gedoen omdat hý slegte dinge gedoen het, maar sy broer het gedoen wat God wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie soos Kain wees nie. Hy het sy broer vermoor omdat hy sleg van binne was. Jy sou kon vra wat hom gedryf het om dit te doen. Wel, hulle het nie langs dieselfde vuur gesit nie. Kain het dinge gedoen wat sleg was, maar sy broer het dinge gedoen wat voor God reg was.