1 John 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, watter liefde het die Vader aan ons bewys, dat ons kinders van God genoem kan word; daarom ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk net hoe ’n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook. Daarom ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.
Afrikaans 1933/1953 Kyk wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.
Afrikaans 1983 Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! En dit is ons ook. Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat hulle Hom nie leer ken het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle kan seker wees dat die Vader baie lief is vir ons. Hy het ons sy kinders gemaak en nou is ons kinders van God. Die mense van die wêreld wou nie vir God ken nie. Daarom wil hulle ons ook nie ken nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons staan bekend as kinders van God. Ons ís dit natuurlik ook. Ons hemelse Vader self het ons sy kinders gemaak - dít is nou liefde as daar al ooit liefde was! Maar die wêreld ken ons nie. Hulle weet nie wie ons regtig is nie. Weet julle hoekom? Hulle ken God nie.