1 John 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broer haat, is tot nou toe in die duisternis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As iemand sê: “Ek leef in ’n hegte verhouding met die lig,” maar ’n medegelowige haat, verkeer so ’n mens nog steeds in die duisternis. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe. |
| Afrikaans 1983 | As iemand beweer dat hy in die lig is, maar hy haat sy broer, is hy nog steeds in die duisternis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Iemand wat sê dat hy in die lig is, maar sy broer haat, is steeds in die duisternis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As mense sê dat hulle in die lig van God lewe, maar hulle haat ander gelowiges, dan lewe daardie mense nog altyd in die donker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kyk mooi! God se ware lig skyn reeds helder. En wat van die duisternis? Wel, dit is vinnig aan die verdwyn. |