1 John 2:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat dit dan in julle bly, wat julle van die begin af gehoor het. As dit wat julle van die begin af gehoor het in julle sal bly, sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.
Afrikaans (NLV) 2011 Hou vol met dit wat julle van die heel begin af gehoor het. As julle leef volgens dit wat julle van die heel begin af gehoor het, sal julle ook verbonde bly aan die Seun en die Vader.
Afrikaans 1933/1953 Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.
Afrikaans 1983 Wat julle betref, wat julle van die begin af gehoor het, moet in julle bly. As wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly, sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat julle betref: Wat julle van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As dit wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly, sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die boodskap aanvaar wat julle van die begin af gehoor het. As julle dit aanvaar, dan is julle by die Seun en die Vader.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet mooi luister: die oorspronklike boodskap wat julle gehoor het, moet ’n groot invloed op julle uitoefen. As daardie boodskap aan julle lewe rigting gee, is dit eintlik die Seun en die Vader wat julle beheers en rig.