1 John 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie is 'n leuenaar behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Hy is die Antichris, wat die Vader en die Seun verloën.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie is die groot leuenaar? Dit is die een wat aanhou ontken dat Jesus die Messias is. So ’n persoon is die antichris, wat nie die Vader en die Seun erken nie.
Afrikaans 1933/1953 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.
Afrikaans 1983 Wie is die leuenaar anders as hy wat nie wil erken dat Jesus werklik die Christus is nie? Hý is die antichris, hy wat nie die Vader en die Seun wil erken nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie is die leuenaar anders as hy wat ontken dat Jesus die •Christus is? Hy is die antichris, wat die Vader en die Seun ontken.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Weet julle wie is die mense wat nie die waarheid praat nie? Dit is die mense wat nie wil aanvaar dat Jesus die Christus is nie. Hulle is die antichriste. Hulle aanvaar nie die Vader nie en hulle aanvaar ook nie die Seun nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie dink julle gee geboorte aan leuens? Dit is natuurlik enigiemand wat weier om toe te gee dat Jesus, as mens, werklik die Messias is. So ’n persoon verwerp sowel die Vader as die Seun. Hy is die antichris!