1 John 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het nie aan julle geskryf omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken, en dat geen leuen uit die waarheid is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het aan julle geskryf, nie omdat julle nie kennis dra van die waarheid nie, maar juis omdat julle die waarheid ken en ook weet dat geen leuen uit die waarheid kan kom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek skrywe nie vir julle omdat julle nie die waarheid sou ken nie, maar juis omdat julle dit ken en weet dat daar geen leuen uit die waarheid voortkom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek skryf nie aan julle, omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken, en omdat daar geen leuen uit die waarheid kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek skryf nie hierdie brief vir julle omdat julle nie die waarheid ken nie. Julle ken die waarheid, en julle weet dat iets wat nou die waarheid is, nie later 'n leuen sal wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek dié brief skryf, wil ek dus nie maak asof julle nie weet wat waar is nie. Ek beklemtoon net wat julle reeds weet waar en eg is. Onthou, geen enkele leuen kan uit die waarheid gebore word nie. |