1 John 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, my kinders, omdat julle die Vader geken het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek skryf aan julle, pa’s: Julle leef van die heel begin af in ’n persoonlike verhouding met Hom. Ek skryf aan julle, jonges: Julle het as oorwinnaars oor die bose uit die stryd getree.
Afrikaans 1933/1953 Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.
Afrikaans 1983 Ek skrywe vir julle, vaders, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar was. Ek skrywe vir julle, jongmense, omdat julle die Bose oorwin het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af was. Ek skryf aan julle, jong mense, omdat julle die Bose oorwin het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle wat eerste begin het om te glo, ek skryf hierdie brief vir julle, julle kan seker wees dat julle Jesus van die begin af ken. Julle wat later begin het om te glo, ek skryf hierdie brief vir julle, julle kan seker wees dat julle die duiwel oorwin het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Pa’s, julle ken Hom wat alles begin het goed. Daarom is hierdie brief vir julle. Die jongmense kan ook lees wat ek skryf, want hulle het die Bose behoorlik op die neus laat kyk.