1 Corinthians 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie gaan enige tyd oorlog voer op sy eie bevel? wie plant 'n wingerd en eet nie van die vrugte daarvan nie? of wie voer 'n kleinvee op en eet nie van die melk van die kleinvee nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Watter soldaat moet ooit vir sy eie uitgawes betaal? Het julle al ooit van iemand gehoor wat ’n wingerd plant, maar hy het nie die reg om van die druiwe te eet nie? Wie pas ’n trop vee op en mag nie van die melk drink nie?
Afrikaans 1933/1953 Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant 'n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas 'n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?
Afrikaans 1983 Wie dien ooit op eie koste as soldaat? Wie plant 'n wingerd en eet nie van sy vrugte nie? Of wie pas vee op en geniet nie van hulle melk nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie dien dan ooit op eie koste as soldaat? Wie plant ooit 'n wingerd en eet nie van sy vrugte nie? Of wie pas ooit 'n kudde op en geniet nie van die kudde se melk nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle weet dat 'n soldaat nie vir sy eie kos betaal nie, en iemand wat 'n wingerd plant, mag van die druiwe eet, en iemand wat skape en bokke oppas, mag van hulle melk drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Watter soldaat moet sy eie salaris betaal? Watter boer plant ’n klomp vrugtebome, maar mag nie van die vrugte eet nie? As iemand dag vir dag koeie oppas, sal julle mos nie weier dat hy ook van die melk proe nie.