1 Corinthians 9:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek hou my liggaam onder en maak dit onderdanig, sodat ek nie self 'n verwerper sou wees as ek vir ander gepreek het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek brei my liggaam en dissiplineer dit om werklik bruikbaar te wees. Ek wil tog nie, terwyl ek vir ander gepreek het, self deur God gediskwalifiseer word nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.
Afrikaans 1983 Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar ek dissiplineer my liggaam en maak dit diensbaar, sodat ek nie, terwyl ek vir ander gepreek het, dalk self gediskwalifiseer word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek oefen baie hard sodat my liggaam alles kan doen wat ek wil hê dit moet doen. As ek dit nie doen nie, dan help dit nie dat ek vir ander mense preek nie. Want dan sê ek wat hulle moet doen, maar wanneer ek dit self moet doen, dan kan ek dit nie doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek doen wat nodig is, al vra dit wat ook al van my. Dan vertel ek nie vir ander wat om te doen, maar sak self in die wedloop van die lewe uit nie.