1 Corinthians 9:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen wat hom beywer vir heerskappy, is in alle opsigte ingetoë. Nou doen hulle dit om 'n verganklike kroon te verkry; maar ons is 'n onverganklike.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys.
Afrikaans 1933/1953 En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles -- hulle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.
Afrikaans 1983 Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Almal wat deelneem, pas in alle opsigte dissipline toe – hulle nogal om 'n verganklike oorwinningskrans te ontvang, maar ons 'n onverganklike.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elkeen wat resies wil hardloop, weet dat daar baie dinge is wat hy nie mag doen nie. As hy daardie verkeerde dinge doen, dan kan hy nie wen nie. En as hy wen, dan kry hy 'n lourier-krans. Hierdie kransie se blare bly nie lank mooi nie, dit verlep gou. Maar óns wat werk vir die goeie boodskap van Christus, ons kry 'n prys wat altyd mooi bly, dit verlep nooit nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd.