1 Corinthians 9:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weet julle nie dat die wat in 'n wedloop hardloop, almal hardloop, maar een ontvang die prys nie? So hardloop, dat julle kan verkry.
Afrikaans (NLV) 2011 Onthou, daar hardloop baie atlete op die baan, maar net een ontvang die prys. Hardloop só dat julle die prys sal ontvang.
Afrikaans 1933/1953 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop so dat julle dit sekerlik kan behaal.
Afrikaans 1983 Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Weet julle nie dat die atlete wat in 'n stadion aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle dit ontvang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle weet dit baie goed: Wanneer mense resies hardloop, dan is daar baie atlete wat hardloop, maar net één wat wen. Julle moet só hardloop dat julle kan wen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle weet dat al hardloop ’n klomp mense in ’n resies daar net een wenner kan wees. Moenie die spel van die lewe speel met die doel om tweede te kom nie. Leef jou lewe so dat jy wen.