1 Corinthians 9:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek saam met julle deel kan hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al hierdie dinge het ek ter wille van die Goeie Nuus gedoen sodat ek ook aandeel aan sy seëninge kan verkry. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek 'n deelgenoot daarvan kan word. |
| Afrikaans 1983 | Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ook ek daarin mag deel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek doen dit alles vir die goeie boodskap van Christus, sodat ek self ook kan kry wat Hy in sy boodskap belowe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek doen dit alles omdat die evangelie soveel vir my beteken. Wanneer die evangelie mense se lewe verander, doen dit net soveel aan my as aan hulle. |