1 Corinthians 9:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aan die wat sonder die wet is, soos sonder die wet, (nie sonder wet by God nie, maar onder die wet aan Christus), sodat ek die sonder wet kan wen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onder die nie-Jode wat God se wet nie ken nie, het ek geword soos iemand sonder die wet — alhoewel ek in werklikheid nie sonder God se wet is nie, maar onder die wet van Christus staan. Dit het ek gedoen om die nie-Jode vir Christus te wen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet -- al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus -- om die wat sonder die wet is, te win; |
| Afrikaans 1983 | Hoewel ek nie sonder die wet van God is nie, maar onder die wet van Christus, het ek vir dié wat sonder die wet is, geword soos een sonder die wet om hulle te wen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir diegene sonder die wet, het ek soos iemand sonder die wet geword – al is ek nie sonder die wet van God nie, maar juis onder die wet van Christus – om hulle wat sonder die wet is, te wen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die heidene ken nie die Wette van Moses nie, en vir húlle het ek geword soos iemand wat ook nie die Wette van Moses ken nie. Maar ek lewe altyd soos God se wette sê, ek lewe soos Christus dit verduidelik het. Ek doen dit omdat ek hoop dat die heidene ook in Christus sal glo, die heidene wat nie die Wette van Moses ken nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir ander mense wat nie eens weet van God se wet nie, maak ek asof ek ook nie so ’n wet het om na te luister nie. Dit beteken egter nie dat ek doen wat ek wil nie, want ek moet gehoorsaam wees aan God se wet. Ek moet luister na wat Jesus van my vra. As ek my egter so by die mense aanpas, kan ek ook van hulle na Jesus toe lei. |