1 Corinthians 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As ek nie 'n apostel vir ander is nie, tog is ek dit ongetwyfeld vir julle, want die seël van my apostelskap is julle in die Here.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs al sou ander my nie as ’n apostel beskou nie, is ek dit tog sekerlik vir julle, want julle is ’n lewende bewys dat ek ’n apostel van die Here is.
Afrikaans 1933/1953 As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here.
Afrikaans 1983 Al is ek vir ander nie 'n apostel nie, vir julle is ek dit tog. Immers, julle wat aan die Here behoort, is die seël op my apostelskap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al is ek nie vir ander 'n apostel nie, is ek dit tog vir julle, want julle is die waarmerk van my apostelskap in die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ander mense dink miskien dat ek nie 'n apostel is nie. Maar julle mag nie so dink nie, want julle glo in die Here, en dit wys dat ek 'n apostel is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al dink ander dalk nie dat ek iemand is met ’n spesiale opdrag van God nie, moet julle ten minste darem so dink. Dat julle julleself vandag Christene kan noem, is die sigbare bewys daarvan dat ek spesiaal deur God gestuur is.