1 Corinthians 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want al is ek vry van alle mense, tog het ek myself aan almal diensbaar gemaak, sodat ek meer kan wen.
Afrikaans (NLV) 2011 Alhoewel ek dus teenoor niemand ’n verpligting het nie — omdat hulle my nie vergoed nie — het ek myself aan almal diensbaar gemaak sodat ek soveel mense moontlik vir Christus kan wen.
Afrikaans 1933/1953 Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win.
Afrikaans 1983 Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hoewel ek vry is van almal, het ek almal se slaaf geword, om soveel mense as moontlik te wen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is vry om te doen wat ek wil doen, maar ek het besluit om 'n slaaf van almal te word, sodat meer mense in Christus kan glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is met ander woorde nie afhanklik van enige gemeente nie, maar is vry om te doen wat ek dink die beste is. Ek wil graag alle mense help om die Here te leer ken. Ek wil nie net aan een groep mense gebind wees nie. Ek wil in elke geval vry wees om te doen wat in ’n betrokke situasie die beste is om mense na die Here toe te lei.