1 Corinthians 9:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat is my loon dan? Voorwaar dat ek, wanneer ek die evangelie verkondig, die evangelie van Christus gratis kan maak, dat ek nie my krag in die evangelie misbruik nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Is daar dan vir my enige beloning? My beloning lê vir my juis in wat ek vrywillig addisioneel doen, naamlik dat ek in my werk as evangelieverkondiger die Goeie Nuus kosteloos aanbied sonder om van my reg as prediker gebruik te maak.
Afrikaans 1933/1953 Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.
Afrikaans 1983 Wat is my loon dan? Dit is dat ek as prediker die evangelie kosteloos verkondig en so afstand doen van my reg wat aan die verkondiging van die evangelie verbonde is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat is my beloning dan? Dat ek deur my verkondiging die evangelie gratis aanbied, sonder om van die regte wat met die verkondiging saamgaan, ten volle gebruik te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dink julle nou dat ek niks beloning kry nie? Nee, my beloning is dat ek die goeie boodskap bring en dat julle niks betaal daarvoor nie. Ek kán vra dat julle vir my moet sorg, maar ek doen dit nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar wat kry ek dan nou vir al my moeite? Dit is vir my meer as genoeg om maar net die boodskap oor Jesus aan mense te vertel sonder om geld daarvoor te vra, al het ek die volste reg om te eis dat hulle vir my ook moet sorg.