1 Corinthians 9:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as ek hierdie ding gewillig doen, het ek 'n beloning; maar as ek teen my wil is, is 'n bedeling van die evangelie aan my toevertrou.
Afrikaans (NLV) 2011 As ek dit uit vrye wil sou doen, sou ek op vergoeding kon aanspraak maak. Maar as ek dit nie uit vrye wil doen nie, dan staan die saak heeltemal anders. En dit is inderdaad die geval: God het ’n bestuurstaak aan my toevertrou.
Afrikaans 1933/1953 Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon; maar as ek dit onwillig doen, is 'n rentmeesterskap aan my toevertrou.
Afrikaans 1983 As ek dit uit eie keuse doen, kan ek op loon aanspraak maak, maar ek doen dit nie uit eie keuse nie: dit is 'n taak wat aan my toevertrou is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As ek dit uit vrye wil doen, is daar vir my beloning; as ek dit egter nie uit vrye wil doen nie, doen ek dit as 'n taak wat aan my toevertrou is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As ek die goeie boodskap bring omdat ek self gevra het om dit te doen, dan kan ek vir julle geld vra omdat ek dit doen. Ek bring die goeie boodskap, maar nie omdat ek self gekies het om dit te doen nie, ek doen dit omdat die Here vir my hierdie belangrike werk gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ek self gekies het om ’n prediker te word, sou ek miskien kon sê dat mense my moes betaal. Maar nou is dit nie ek wat dit gekies het nie. God het vir my gesê ek moet dit doen.