1 Corinthians 9:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want al verkondig ek die evangelie, het ek niks om op te roem nie; ja, wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!
Afrikaans (NLV) 2011 As ek dan inderdaad die Goeie Nuus verkondig, is dit vir my geen besondere prestasie nie. Ek is verplig om dit te doen. Wee my as ek dit sou nalaat!
Afrikaans 1933/1953 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!
Afrikaans 1983 As ek die evangelie verkondig, is dit nie vir my 'n rede om te roem nie. Ek verkondig die evangelie omdat ek móét! En wee my as ek dit nie doen nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want as ek die evangelie verkondig, is dit nie vir my rede om my daarop te beroem nie? Daar rus immers 'n verpligting op my, en wee my as ek nie die evangelie verkondig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet goed verstaan: Ek bring die goeie boodskap, maar ek doen dit nie sodat ek trots kan wees omdat ek dit doen nie. Nee, ek móét dit doen, ek kan nie besluit om iets anders te doen nie. Dit sal baie sleg gaan met my as ek nié die goeie boodskap bring nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek kan nie anders as om mense van Jesus te vertel nie. Dit is waarvoor ek leef omdat God dit van my verwag. Ek weet nie wat met my sal gebeur as ek dit nie doen nie.