1 Corinthians 9:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek het niks van hierdie dinge gebruik nie; en ek het hierdie dinge nie geskrywe dat dit so aan my gedoen sou word nie; want dit was vir my beter om te sterwe as dat iemand my roem tot niet sou maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En tog het ek in geen opsig daarvan gebruik gemaak nie. Ek skryf hierdie dinge ook nie om te suggereer dat dit nou met my moet gebeur nie. Om die waarheid te sê — ek sterf eerder as om my daarop te beroem dat ek die Goeie Nuus kosteloos verkondig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar,k het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf d¡t nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemand my roem sou verydel. |
| Afrikaans 1983 | Wat my betref, ek het hiervan geen gebruik gemaak nie. Ek skryf dit ook nie met die bedoeling om daarop aanspraak te maak nie. Ek gaan liewer dood! Dié roem sal niemand my ontneem nie! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ek het nie van een van hierdie regte gebruik gemaak nie, en ek skryf ook nie hierdie dinge sodat dit op my van toepassing moet wees nie. Ek sterf eerder as dat iemand my dié roem ontneem! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek self het nog nooit gevra dat die gemeentes vir my moet sorg nie. Julle moet ook nie dink ek skryf oor hierdie dinge sodat julle nou vir my moet begin sorg nie. Ek wil nie hê dat iemand vir my moet sorg nie. Nee, as iemand dit vir my moet doen, dan sal dit vir my beter wees om te sterf. Want ek is trots daarop dat ek die goeie boodskap bring, en ek vra nie dat julle vir my moet betaal nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het nooit by julle aangeklop om hulp nie, al kon ek. Nou moet julle ook nie dink dat ek dit nou met hierdie brief doen nie. Nee, ek sou liewer van honger doodgaan as om te sê dat ek vir julle van Jesus vertel het sodat ek geld of so iets by julle kon kry. Dat ek nie vir mense van Jesus vertel om geld in die hande te kry nie, is vir my baie belangrik. Dit maak my nie nou skielik baie goed nie. |