1 Corinthians 9:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het die Here ook bepaal dat die wat die evangelie verkondig, van die evangelie moet lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Net so het die Here opdrag gegee dat hulle wat die Goeie Nuus verkondig, versorg moet word deur dié aan wie hulle die Goeie Nuus verkondig.
Afrikaans 1933/1953 So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.
Afrikaans 1983 So het die Here ook bepaal dat dié wat die evangelie verkondig, hulle lewensonderhoud uit die verkondiging van die evangelie moet ontvang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het die Here ook bepaal dat hulle wat die evangelie verkondig, uit die evangelie moet leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het die Here Jesus gesê dat almal wat die goeie boodskap bring, ook van die offers mag neem wat die mense gee, hulle moet daarvan lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ons vir mense van Jesus vertel, moet gelowiges ook sorg dat ons genoeg het om van te lewe.