1 Corinthians 9:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weet julle nie dat die wat die heilige dinge bedien, van die dinge van die tempel lewe nie? en die wat by die altaar wag, het deel aan die altaar?
Afrikaans (NLV) 2011 Weet julle nie dat hulle wat in die tempel werk, te ete kry van die offers wat na die tempel gebring word nie? En dat hulle wat die altaar bedien, ’n deel kry van die offerandes nie?
Afrikaans 1933/1953 Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?
Afrikaans 1983 Weet julle nie dat dié wat tempeldiens verrig, uit die tempel lewe, en dat dié wat die altaar bedien, uit die offers hulle deel ontvang nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Weet julle nie dat hulle wat in die •tempel werk, uit die tempel eet, en hulle wat die altaar bedien, 'n deel van die offerande kry nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle weet baie goed dat die priesters wat in die tempel werk, van die kos eet wat die mense na die tempel bring. En die priesters wat by die altaar werk, eet ook van die vleis wat hulle op die altaar offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle weet mos self dat die mense wat in die tempels werk genoeg kry om van te lewe by die mense wie se tempel dit is. Die Here het ook duidelik vir ons as Christene gesê wat ons moet doen.