1 Corinthians 9:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of sê hy dit heeltemal ter wille van ons? Om ons ontwil, is dit ongetwyfeld geskrywe: dat hy wat ploeg, in hoop moet ploeg; en dat hy wat in hoop dors, deelagtig sal word aan sy hoop.
Afrikaans (NLV) 2011 Het Hy dit nie nog eerder met die oog op ons gesê nie? Natuurlik. Want net soos arbeiders wat die lande ploeg en die graan dors, met reg ’n deel van die oes kan verwag, so behoort werkers vir die Here ook versorg te word deur dié onder wie hulle werk.
Afrikaans 1933/1953 Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word.
Afrikaans 1983 Of sê Hy dit juis ter wille van óns? Ja, ter wille van ons is dit geskrywe. Hy wat ploeg, moet met verwagting ploeg, en hy wat dors, moet dit doen met die verwagting om sy deel te ontvang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) of sê Hy dit eintlik ter wille van ons? Ja, ter wille van ons is daar geskryf: “Wie ploeg, moet met verwagting ploeg, en wie oes, moet oes met die verwagting om daarin te deel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy is bekommerd oor óns, dit is seker. Daar is geskryf: Wanneer iemand ploeg en die korrels uit die koring-are haal, dan hoop hy om iets te kry. Moses het dit geskryf om vir ons te help, hy het aan óns gedink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) of wou Hy die gemeentes liewer ’n les leer oor hoe hulle die mense moet behandel wat vir hulle werk? Natuurlik gaan dit eerder oor ons. As mense hard saamwerk aan iets, moet elkeen mos ’n stukkie van die wins kry as dit verkoop word.