1 Corinthians 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is ek nie 'n apostel nie? is ek nie vry nie? het ek nie Jesus Christus ons Here gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Het ek nie net soveel vryheid as enigiemand anders nie? Is ek dan nie ’n apostel nie? Het ek dan nie Jesus ons Here met my eie oë gesien nie? Is dit nie op grond van my arbeid dat julle met Christus verbind is nie?
Afrikaans 1933/1953 Is ek nie 'n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?
Afrikaans 1983 Is ek nie vry nie? Is ek nie 'n apostel nie? Het ek nie vir Jesus, ons Here, gesien nie? Is julle wat aan die Here behoort, nie die vrug van my werk nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is ek nie vry nie? Is ek nie 'n •apostel nie? Het ek dan nie Jesus, ons Here, gesien nie? Is julle nie my handewerk in die Here nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet dit weet: Ek is vry, ek kan doen wat ek wil doen. Ek is 'n apostel, ek het vir Jesus ons Here gesien. Julle glo in die Here omdat ek die goeie boodskap vir julle gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom ons gesels oor my gesag as iemand wat deur God gestuur is. Sou ek nie kon maak wat ek wou nie? Is ek nie iemand wat deur God gestuur is nie? Het ek nie ook vir Jesus, ons Here, van aangesig tot aangesig gesien nie? Is dit nie juis as gevolg van die goeie werk wat ek vir die Here gedoen het dat julle nou Christene is nie?