1 Corinthians 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie hoegenaamd 'n struikelblok word vir die wat swak is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar wees versigtig dat jou vrymoedigheid om alles te eet nie jou medegelowiges met ’n sensitiewe gewete in hulle geloof laat struikel nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien 'n struikelblok word vir die wat swak is nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir dié wat swak is, 'n aanleiding tot sonde word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Pasop dat hierdie vryheid van julle nie vir die swakkes 'n struikelblok word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle wat dink dit is nie verkeerd om afgod-offervleis te eet nie, julle moet versigtig wees, want julle kan ander gelowiges sonde laat doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar vir een ding moet julle oppas. Moenie dat julle vryheid om te eet wat julle wil vir ander Christene ’n probleem word wat hulle Christenskap benadeel nie. |