1 Corinthians 8:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar daar is nie by elke mens daardie kennis nie; en hulle gewete wat swak is, is besoedel.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar nie alle gelowiges besef dit nie. Party is daaraan gewoond om te dink ’n afgod bestaan werklik. As hulle dan kos eet wat aan die afgode geoffer is, dink hulle dat hulle betrokke is by die verering van werklik bestaande wesens en hulle sensitiewe gewetens word met skuldgevoelens belas.
Afrikaans 1933/1953 Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as 'n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel.
Afrikaans 1983 Maar nie almal het hierdie kennis nie. Daar is party van julle wat so gewoond is aan afgode dat hulle nog altyd vleis eet asof dit 'n offer aan 'n afgod is. Daardeur word hulle gewete, wat reeds swak is, verder beswaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar nie almal het hierdie kennis nie. Sommige is nog so gewoond aan die afgod dat hulle steeds die vleis eet as 'n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar al die gelowiges verstaan nie goed dat daar net een God is nie, want hulle het baie jare lank die afgode gedien voordat hulle gelowiges geword het. Hulle dink dat wanneer hulle afgod-offervleis eet, dan dien hulle ook die afgod. En omdat hierdie gelowiges maklik skuldig voel, glo hulle dat hulle sonde gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nie al die Christene weet of besef dit nie. Daar is nog van julle Christene wat dink dat die afgode regtig bestaan. As hulle kos eet wat in die afgodstempels geoffer is, pla hulle gewete hulle nog meer as gewoonlik.