1 Corinthians 8:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar vir ons is daar maar een God, die Vader, uit wie alles is, en ons in Hom; en een Here Jesus Christus, deur wie alle dinge is, en ons deur Hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | vir ons is daar net een God, naamlik ons Vader uit wie alles afkomstig is en ons lewe is op Hom gerig. En daar is net één Here, naamlik Jesus Christus deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom. |
| Afrikaans 1983 | is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir ons egter is daar een God, die Vader, uit wie alles is, en ons vir Hom, en een Here, Jesus •Christus, deur wie alles is, en ons deur Hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar vir ons is daar net één God. Hy is die Vader wat alles gemaak het. Ons moet vir Hom lewe. En daar is een Here. Hy is Jesus Christus. Jesus het saam met die Vader gewerk om alles te maak, Hy het vir ons die ware lewe gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons weet egter dat daar net een God is. Alles het deur Hom ontstaan en ons leef net vir Hom. Daar is ook net een Here, naamlik Jesus Christus. Hy is die instrument waardeur alles gemaak is en aan wie ons ook ons bestaan te danke het. |