1 Corinthians 8:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat dan die eet van die offergawes aan die afgode betref, weet ons dat 'n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe een.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat dan die eet van afgodsoffervleis betref — wel, ons weet almal dat ’n wêreldse afgod eintlik een groot niks is en dat daar in werklikheid geen god is nie, behalwe die een ware God.
Afrikaans 1933/1953 Wat dan die eet van die offervleis aan die afgode betref, weet ons dat 'n afgod niks in die wêreld is nie, en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een.
Afrikaans 1983 Wat nou betref die eet van vleis wat aan 'n afgod geoffer is: ons weet dat daar geen afgod in die hele wêreld is wat iets beteken nie, en dat daar ook geen God is nie, behalwe Een.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat die eet van afgodsoffers betref, weet ons “Daar bestaan geen afgod in die wêreld nie,” en “Daar bestaan geen god nie, behalwe Een.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil nou praat oor die afgod-offervleis. Ons weet almal dat daar nie regtig afgode in die wêreld is nie. Ons weet dat daar net een ware God is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom ons gesels nou daaroor of ’n Christen kos mag eet wat aan afgode geoffer is. Ons almal weet tog dat afgode nie “regtig” is nie, want daar is net een ware God.