1 Corinthians 8:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, as vleis my broer laat struikel, sal ek geen vleis eet terwyl die wêreld staan nie, sodat ek my broer nie laat struikel nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom — as iets wat ek eet ’n ander gelowige laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie. Ek wil nie aandadig wees aan die val van ’n medegelowige nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, as kos my broer laat struikel, sal ek beslis vir ewig nie weer vleis eet nie, sodat ek nie my broer laat struikel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, as kos iemand sonde laat doen, iemand wat soos ek in Christus glo, dan sal ek nooit weer vleis eet nie. So sal ek seker maak dat ander gelowiges nie sonde doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dus, as die kos wat ek eet my mede-Christen dinge laat doen wat nie reg is nie, sal ek nooit aste nimmer my mond weer aan sulke kos sit nie. So sal ek nie die oorsaak wees dat hy die verkeerde dinge doen nie. |