1 Corinthians 8:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as julle so teen die broeders sondig en hulle swak gewete verwond, sondig julle teen Christus.
Afrikaans (NLV) 2011 So sondig julle teen Christus self wanneer julle teen julle broers en susters sondig deur hulle sensitiewe gewetens te laat seerkry.
Afrikaans 1933/1953 Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus.
Afrikaans 1983 Deur so teen die broers te sondig en 'n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur op dié manier teen die broers te sondig en hulle swak gewetens te kwets, sondig julle teen Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Onthou, wanneer julle iets doen wat ander gelowiges skuldig laat voel, dan doen julle sonde teen hulle en ook teen Christus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy jou mede-Christene so skade aandoen en dit vir hulle moeilik maak om werklik Christen te bly, is jy eintlik besig om Christus self seer te maak.