1 Corinthians 8:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En deur jou kennis sal die swak broeder omkom vir wie Christus gesterf het?
Afrikaans (NLV) 2011 Dan gaan jou sensitiewe medegelowige deur jou danige kennis verlore — iemand vir wie Christus sy lewe gegee het.
Afrikaans 1933/1953 En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis?
Afrikaans 1983 Dan gaan die swakke verlore deur hierdie kennis van jou, en dit 'n broer vir wie Christus gesterf het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan gaan die swakke, 'n broer vir wie Christus gesterf het, verlore as gevolg van jou kennis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy geloof is swak, en omdat jy dink dit is nie verkeerd om afgod-offervleis te eet nie, sal hy miskien verlore gaan. Maar jy moet onthou, hy is 'n gelowige, Christus het vir hom gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dié mede-Christen van jou se Christenskap word so eintlik deur jou beter godsdienstige kennis stukkend geskeur. En onthou, Jesus het vir hom gesterf.