1 Corinthians 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as iemand jou wat kennis het, sien aan tafel in die tempel van die afgod, sal die gewete van die swakke nie aangemoedig word om te eet wat aan die afgode geoffer word nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sien, dit kan maklik gebeur dat iemand jou sien aansit vir ’n ete in ’n afgodstempel. Omdat jy die nodige kennis het, besef jy daar is niks daarmee verkeerd nie. Maar gaan jy nie daarmee jou sensitiewe medegelowiges aanmoedig om teen hulle gewete in afgodsoffervleis te gaan eet nie?
Afrikaans 1933/1953 Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in 'n afgodstempel, sal sy gewete, as hy 'n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie?
Afrikaans 1983 As jy wat hierdie kennis het, in 'n afgodstempel gaan eet en iemand met 'n swak gewete sien jou, sal dit hom dan nie aanmoedig om die vleis as afgodsoffer te eet nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want as iemand jou, wat die kennis het, in 'n afgodstempel aan tafel sien, sal hy nie, omdat sy gewete swak is, aangemoedig word om afgodsoffers te eet nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Miskien dink jy dit is nie verkeerd om afgod-offervleis te eet nie. Maar miskien is 'n ander gelowige se geloof swak, en wanneer hy sien dat jy in 'n tempel afgod-offervleis eet, dan sal hy dink hy kan dit ook eet, en miskien sal hy dan weer afgode begin dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê nou net iemand wat nog dink dat daar regtig afgode is, sien jou in die afgodstempel lekker sit en eet. Vir jou is dit natuurlik nie ’n probleem nie, want jy weet dat die kos jou verhouding met die Here nie kan beïnvloed nie. Dit sal die persoon wat nog dink dat afgode “regtig” is, aanmoedig om ook van die kos te eet, al voel hy dit is verkeerd omdat hy daarmee die afgode op ’n manier dien.