1 Corinthians 8:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou as ontroerende dinge wat aan afgode gebied word, weet ons dat ons almal kennis het. Kennis blaas op, maar naasteliefde stig.
Afrikaans (NLV) 2011 Kom ons praat nou oor vleis wat aan afgode geoffer is — ’n saak waaroor julle ook navraag gedoen het. Ons weet julle sê: “Ons het almal kennis oor hoe ons moet optree.” Kennis laat ’n mens belangrik voel; die liefde, daarenteen, bou ’n gemeente op.
Afrikaans 1933/1953 En met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.
Afrikaans 1983 En nou julle vraag oor vleis wat aan 'n afgod geoffer is. Ons weet dat ons almal kennis het. Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat die afgodsoffers betref, stem ons saam: “Ons het almal kennis.” Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het vir my gevra of gelowiges afgod-offervleis mag eet. Ek wil nou daaroor praat. Ons weet dat almal dink hulle weet alles hiervan. Maar julle moet onthou, wanneer 'n mens dink hy weet alles, dan maak hy ander mense maklik hartseer. Maar wanneer hy lief is vir ander mense, dan kan hy hulle help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle het mos ook in julle brief gevra of ’n mens kos mag eet wat aan afgode geoffer is. Dit is waar wat julle sê: “Julle weet wat die kerk alles leer.” Maar as ’n mens dink jy weet so baie, kan dit jou te veel van jouself laat dink. Onthou egter, liefde blaas jou nie so op nie, maar bou liewer ander mense op.