1 Corinthians 7:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die vrou is deur die wet gebonde solank haar man lewe; maar as haar man dood is, is sy vry om te trou met wie sy wil; net in die Here. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Vrou bly aan haar man verbind vir so lank as wat hy lewe. Maar as haar man te sterwe kom, is sy vry om met iemand van haar keuse te trou — mits hy ook ’n Christen is. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here. |
| Afrikaans 1983 | 'n Vrou is aan haar man gebind so lank as hy lewe. As hy sterwe, is sy vry om te trou met wie sy wil, mits dit met 'n gelowige is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Vrou bly aan haar man verbind solank as wat hy leef; maar as haar man ontslaap het, staan dit haar vry om te trou met wie sy wil, maar slegs as dit in verbondenheid aan die Here is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n vrou met haar man getroud is, dan mag sy hom nie los nie. Maar as die man sterf, dan kan sy weer met enige iemand trou, maar dit moet iemand wees wat ook in die Here Jesus glo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Vrou moet by haar man bly solank hy leef. As haar man egter oorlede is, kan sy trou met wie sy wil. Daar is net een voorwaarde: die nuwe man moet ’n kind van die Here wees. |