1 Corinthians 7:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy wat in sy hart standvastig staan sonder dat dit nodig is, maar mag het oor sy eie wil, en so in sy hart besluit het dat hy sy maagd sal bewaar, doen goed.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as hy innerlik sterk staan en daar geen noodsaaklikheid bestaan om te trou nie; en as hy goeie selfbeheersing het en in sy hart klaar besluit het om sy meisie in haar ongehude staat te laat bly, doen hy ook goed.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
Afrikaans 1983 Maar as iemand in sy eie gemoed oortuig is dat hy nie moet trou nie, en hy nie onder enige dwang verkeer nie, maar volle beheer oor sy eie wil het, en hy by homself besluit het om nie te trou nie, doen hy 'n goeie ding.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar iemand wat in sy hart vas oortuig is – nie uit noodsaak nie, maar deur volle beheer oor sy wil – en in sy hart besluit om sy maagd te eerbiedig, tree reg op.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As 'n jongman verloof is, maar hy besluit dat hy nie by sy verloofde wil slaap nie, en hy glo vas hy moenie met haar trou nie, dan doen hy reg as hy nie met haar trou nie. Maar niemand moet vir hom sê hy mag nie met haar trou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die persoon egter besluit het om nie met die meisie te trou nie, en dit pla hom nie om sonder ’n vrou te leef nie, doen hy die regte ding as hy nie trou nie.