1 Corinthians 7:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as iemand meen dat hy hom onwelvoeglik teenoor sy maagd gedra, as sy die blom van haar ouderdom verbygaan en dit nodig het, laat hom doen wat hy wil, hy sondig nie; laat hulle trou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as ’n jong man oordeel dat hy oneerbaar teenoor sy meisie optree as hy nie met haar trou nie, of as hy probleme het om sy passie te beheer, moet hy na sy goeddunke handel. Hy doen nie sonde nie. Laat hulle maar trou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou. |
| Afrikaans 1983 | As iemand meen dat hy teenoor sy verloofde onbehoorlik handel deur nie te trou nie, en sy begeertes te sterk word en hy voel dat hulle behoort te trou, laat hom doen wat hy graag wil: laat hulle gerus trou. Dit is nie verkeerd nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As iemand dink dat hy onbehoorlik teenoor sy maagd optree, as sy begeerte te groot word, en hy oordeel dat dit so moet wees, moet hy sy voorneme uitvoer; hy sondig nie – laat hulle trou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n jongman verloof is en hy dink hy doen nie reg aan sy verloofde nie, en hy wil baie graag by haar slaap, dan moet hy met haar trou. Hy doen nie sonde as hy met haar trou nie. Hy en sy verloofde moet trou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê nou maar iemand is verloof en omdat hy baie tyd aan die Here se werk wil afstaan, kom hy jare lank nie tot trou nie. Dan begin hy die gevoel kry dat hulle maar moet trou omdat die meisie nie meer gelukkig is om vir so ’n lang tyd net verloof te bly nie. Hy moet gerus maar trou. Dit is nie sonde om dit te doen nie. |