1 Corinthians 7:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy wat getroud is, sorg vir die dinge wat van die wêreld is, hoe hy sy vrou kan behaag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die getroude man is begaan oor wêreldse dinge, oor hoe hy sy vrou kan gelukkig maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag. |
| Afrikaans 1983 | Die getroude man gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe hy sy vrou kan behaag, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | terwyl die getroude man besorg is oor die dinge van die wêreld, hoe om sy vrou te behaag; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as 'n man getroud is, dan is hy besig met die dinge van die wêreld. Hy probeer dinge doen waarvan sy vrou hou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ’n mens egter ’n gesin het, is dit anders. Dan moet jy tyd afstaan om jou gesin te versorg. Jy moet jou vrou gelukkig hou. Hierdie man moet dan aan baie dinge gelyk dink en |