1 Corinthians 7:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek wil hê dat jy sonder omsigtigheid moet wees. Hy wat ongetroud is, sorg vir die dinge wat aan die Here behoort, hoe hy die Here kan behaag:
Afrikaans (NLV) 2011 Ek wil hê dat julle in alles wat julle doen, vry moet wees van die kwellinge van hierdie lewe. ’n Ongetroude man is begaan oor die dinge van die Here; oor hoe hy die Here kan gelukkig maak.
Afrikaans 1933/1953 En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,
Afrikaans 1983 Ek wil hê julle moet vry wees van sorge. Die ongetroude man gee aandag aan die dinge van die Here, aan hoe hy die Here kan behaag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Trouens, ek wil hê julle moet onbesorg leef. Die ongetroude man is besorg oor die belange van die Here, hoe hy die Here kan behaag,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil graag hê julle moenie bekommerd wees oor dinge nie. As 'n man nie getroud is nie, dan het hy tyd om besig te wees met die dinge van die Here. Hy probeer dinge doen waarvan die Here hou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek wil nie hê dat julle julle onnodig oor allerhande dinge moet sit en kwel nie. As ’n mens byvoorbeeld ongetroud is, het jy baie tyd om aan die Here se dinge af te staan. Jy kan jou aandag daarop toespits om vir die Here te werk.