1 Corinthians 7:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Om bly of hartseer te wees, of dinge te kan aankoop mag nie in die pad staan van die Here se werk nie.
Afrikaans 1933/1953 en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;
Afrikaans 1983 en dié wat bedroef is, asof hulle nie bedroef is nie; en dié wat bly is, asof hulle nie bly is nie; dié wat iets aankoop, asof hulle dit nie besit nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wie huil, asof hulle nie huil nie; wie bly is, asof hulle nie bly is nie; wie koop, asof hulle nie besit nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat huil, moet wees soos mense wat nie huil nie. Die mense wat bly is, moet wees soos mense wat nie bly is nie. Die mense wat dinge kan koop, moet wees soos mense wat niks het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat hartseer is, moenie net aan sy hartseer dink nie en wie bly is, moet hom nie daardeur laat voortsleep nie.